Vyfde verdagte vas oor komplot om Krejcir-ondersoekers te vermoor

Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Vyfde persoon is in hegtenis geneem in verband met die beweerde komplot om twee ondersoekbeamptes in die Radovan Krejcir-saak te vermoor.

Lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, sê die verdagte is ʼn 34-jarige vrou. Makgale sê die vrou is ʼn sersant in misdaadintelligensie. Hy sê die vrou het glo sagteware verskaf om die ondersoekbeamptes op te spoor. Nege selfone is in haar besit gevind en op beslag gelê.

Vier mense, drie mans en ʼn vrou, is vroeër in hegtenis geneem in verband met die beweerde komplot om die forensiese ondersoeker, Paul O’Sullivan, en kol. Nkosana “Killer” Ximba, van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, te vermoor. Een van die mans word ook verbind aan die saak van ontvoering en poging tot moord waarvoor Krejcir tans ondersoek word.

Lees ook:
Krejcir-saak: Ondersoeker het glo inligting verkoop
Krejcir se aansoek om verlof tot appèl geweier
Krejcir-saak: Name van beweerde moordkomplot-ondersoekbeamptes bekend gemaak
Hof lewer uitspraak oor Krejcir-aansoek
Uitspraak in Krejcir-aansoek verwag
Krejcir ‘geskik’ vir borg hoor hof
Krejcir-vennoot se pa tot die dood gemartel
Krejcir-vennoot se borgtog-aansoek wéér afgekeur
Geen borgtog vir Krejcir
Krejcir en kie het glo staatsaanklaer gedreig
Krejcir-borgtogverhoor hervat
Krejcir-hofsaak: Bykomende verklaring afgekeur
Krejcir-saak: “Staat het geen saak teen Valke”
Krejcir-verhoor: Hof weier om bekentenis vry te stel
Krejcir en kie hoor vandag dalk oor borg
Krejcir hoor dalk môre oor borg
Krejcir “hier om te bly”; dwelmtransaksie het glo skeefgeloop
Krejcir beaam polisie-marteling; Luphondo glo ook aangerand
Krejcir-borgtogverhoor na hoër hof geskuif
Krejcir en kie terug in hof
Só het hulle om Krejcir geval
Krejcir-moordverdagte vrygelaat
Agliotti het óók geld geleen by Krejcir
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Duitse ‘vriend’ van Krejcir ook vas
Krejcir: Valke-hoë vas
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof
Krejcir-saak uitgestel
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anita ·

Ek verstaan niks van hierdie saak nie, hierdie man word gesoek en is ook reeds gevonnis in sy geboorteland vir misdade. Hy kom SA binne met ‘n vervalste paspoort , daar word geen ondersoek gedoen na hom nie, die persoonlike gegewens word net aanvaar. Daar is wel instansies waar die besonderhede van persone nagegaan kan word(Interpol) Hy lewe op misdaad en word gevang.
Waarom word hy nie terug gestuur na sy land van herkoms nie? daar sal hy wel geen sagte behandeling ontvang nie. Die vraag bly steeds vassteek? waarom word hy nie uitgelewer na die
hofsaak nie, en versoek die land van herkoms dat hy sy straf daar uitdien….MAAR dit wil hy vermy!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.