Vyfjarige dogtertjie sterf tydens bierfees

Tradisionele bier. Argieffoto.

ʼn Vyfjarige meisie is Sondagaand tydens ʼn ongeluk gedurende ʼn bierfees in Kaapstad dood, het die Daily Voice Dinsdag berig.

Anelisiwe Saul het glo saam met ander kinders op die agterkant van ʼn bakkie gespeel gedurende ʼn tradisionele bierfees in Khayelitsha.

Neliswa Saul, haar ma, het aan die koerant gesê die bestuurder van die bakkie, wat aan die fees deelgeneem het, het besluit om na sy broer se huis te ry, terwyl die kinders agter op die bakkie was. “Vir een of ander rede het hy agteruit oor ʼn spoedhobbeltjie gery en Anelisiwe het uit die bakkie geval,” het Saul gesê.

Die man het nog verder agteruit gery en Neliswa teen haar kop getref, terwyl sy gespartel het om onder die voertuig uit te kom. Sy is op die toneel dood verklaar.

Kapt. Frederick van Wyk het die voorval bevestig en gesê die man is in hegtenis geneem op ʼn aanklag van strafbare manslag. Hy moet binnekort in die hof verskyn.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Willy ·

As hy nie uit sy geloof gedrink was nie het hy seker gemaak hy dood die kind. En die kind se ouers? Waar was hulle op daardie stadium? Seker ook deelgeneem aan die suipsessie.

amy ·

Hoop hy word goed gestraf. Hy moet sooo lank tronk toe gaan, dat hy nooit weer ‘n druppel drank oor sy lippe kan neem nie. UITVAAGSEL!!!

leana ·

Kinders HOORT nie op ‘n bierfees of enige drankpartytjies is nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.