Vyfjarige dood na sy haarself skiet

Die huis in New Orleans waar die voorval plaasgevind het.

ʼn Vyfjarige meisie is Sondag in New Orleans, Amerika, dood nadat sy haarself glo per ongeluk in die kop geskiet het.

Laderika Smith (28), die kind se ma, is in hegtenis geneem en sal van medepligtigheid aan moord aangekla word, het die New Orleans-polisiedepartement in ʼn verklaring gesê, berig SkyNews.

Beamptes is Sondagoggend net voor 11:00 ontbied nadat die kind geskiet is. Hulle het haar in die slaapkamer met ʼn skietwond aan haar kop aangetref. Sy is na ʼn hospitaal geneem, maar het later aan haar besering beswyk.

“ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die kind alleen by die huis was en op ʼn manier die .38 rewolwer in die hande gekry het. Sy het haarself per ongeluk daarmee in die kop geskiet,” het die polisie in hul verklaring gesê. Smith het glo aan die polisie gesê sy het die kind in die huis toegesluit toe sy winkel toe is. Toe sy terugkeer het sy haar dogter in die slaapkamer met die skietwond aangetref.

Die polisie het beslag gelê op die vuurwapen.

ʼn Nadoodse ondersoek sal Maandag uitgevoer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.