Vyfjarige naby Standerton vermoor

crime-scene-tape-320x191Die Mpumalanga-polisie is op soek na verdere inligting nadat ʼn vyfjarige dogtertjie se liggaam Maandagoggend naby Standerton gevind is.

Brig. Selvy Mohlala, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die meisie het Sondag vermis geraak. “Sy is Sondag omstreeks 16:00 vir die laaste keer gesien toe sy na ʼn toilet, sowat 100m van haar ouerhuis, in die Sakhile informele nedersetting gestap het,” het Mohlala gesê.

ʼn Buurvrou was Maandag op pad na ʼn toilet toe sy die meisie se liggaam in haar erf gevind het. Sy het die polisie ontbied.

ʼn Geregtelike doodsondersoek gaan gedoen word om te bepaal hoe sy gesterf het. “Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Mohlala het enigiemand met inligting wat die polisie met hul ondersoek kan help, versoek om kapt. Mahlomolo Moloi by 082 499 7390 of 013 714 7888 te skakel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.