Vyfjarige red bababoetie van verdrinking

Estian en Elrich Visagie. Foto: Suzette van Huyssteen/Pretoria Rekord

Elrich Visagie, ʼn vyfjarige seuntjie van Capitalpark in Pretoria, het heldestatus gekry toe hy verlede naweek sy 15 maandeoue bababoetie, Estian, se lewe gered het.

LookLocal Pretoria Moot berig die Visagie-gesin het by familie gaan kuier waar hulle gebraai het. “Erich en sy nefies het in die vlak kant van die swembad gespeel,” het sy ma Erika gesê. “Estian het onder ons neuse verdwyn en in die diepkant van die swembad beland. Gelukkig het Elrich sy boetie opgemerk en gesien hy dryf onderstebo in die water.”

Elrich het om hulp geroep en na sy boetie geswem en sy kop bo die water gehou. Hul pa, Ernst, het altwee seuns uit die water gehaal. ʼn Familielid, wat ʼn dokter is, was daar en het mond-tot-mond-asemhaling toegepas. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem en is kort daarna ontslaan.

Bron: LookLocal Pretoria Moot

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

EEHF ·

Mooi so Elrich! Die Bloed Broeder liefde tussen julle moet altyd goed bewaar word, ongeag van hoe oud julle is. Ek is seker dat dit in die toekoms ‘n groter vertroue band tussen julle sal wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.