Vyfjarige skenk verjaardaggeld vir renosters

Argieffoto

Bryan Daniels-Fok, ʼn vyfjarige seun van Johannesburg, het nagenoeg R4 000 ingesamel om aan die Rhino SA-veldtog teen renosterstropery te skenk.

Bryan, wie se pa van Chinese oorsprong is, het by sy ouers gehoor dat renosters vir hul horings uitgewis word, het Beeld Dinsdag berig. Bryan se ma, Mina, sê die nuus het hom baie ontstel. “Hy het besluit hy wil iets aan die probleem doen. Ons het met ʼn idee vorendag gekom en mense versoek om eerder geld vir hom te gee as om ʼn geskenk vir sy verjaarsdag te koop,” het Mina gesê.

Bryan se verjaardag was op 2 Februarie, maar hy het ná sy verjaardag steeds aangehou om geld in te samel totdat hy ʼn totaal van R4090 gehad het. Hy het die geld verlede week aan die veldtog geskenk.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.