Vyfjarige sterf na grassnyer-ongeluk by skool

klaskamer-320x240ʼn Graad R-leerder is dood nadat hy onder ʼn grassnyer beland het by ʼn laerskool in Soweto, Gauteng.

Phumla Sekhonyane, woordvoerder van die departement van onderwys in Gauteng, sê die 5-jarige is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. “Die hoof van die departement het onmiddellik ʼn onafhanklike ondersoek gelas rakende die omstandighede rondom die voorval, insluitend hoekom die leerder in die spesifieke area was waar die gras gesny is.” Sekohonyane sê die ondersoek sal ook gebruik word om vas te stel of enige veiligheidsregulasies of –beleide nie nagekom is nie. Die departement het geen verdere besonderhede rakende die leerder bekend gemaak nie aangesien hulle steeds in proses is om sy familie in kennis te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eben ·

Phumla Sekhonyane watse ondersoek …. julle moet altyd een of ander komitee saamstel hom julle brou werk te doen. Die kind het verseker in n area gespeel waar hy nie gehoort het. Glo ons hy was nie alleen daar was seker ander maatjies was saam. Dis tragies dat daar soveel trane is oor julle nie orde by skole het. Sterkte aan die betrokke ouers met die tragiese verlies in julle lewens.

Ina ·

Waar was die toesighouer van die kinders ? hoekom is die kinders toegelaat om te speel of te wees waar daar gras gesny word ?? Word kinders nie van kleins af geleer om nie naby gevaarlike masjienerie te wees nie ??Let personeel nie op waar die kinders speel nie ?? Mense is ontsettend agterlosing en dan word dit ‘n ‘ tragiese ongeluk ‘ genoem ..Ai tog .. so jammer ook vir die kind se ouers en fam ..

jessica ·

dit is n absolute skande dta daar nie ppersoneellede was wat toesig hou oor sulke klein kindertjies nie. julle is verandtwoordelik vir daai kiddies. as ek die ouers is, sue ek die hell uit daai skool uit!!!!! ongeluk???? nee—-NALATIGHEID!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.