Vyfjarige verdrink in swembad

ʼn Vyfjarige seuntjie het Maandag in ʼn swembad in Kimberley in die Noord-Kaap verdrink.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê toe paramedici by die huis opgedaag het, was die seun reeds uit die swembad gehaal en is daar mond-tot-mond-asemhaling op hom toegepas. Steinmann sê paramedici het voortgegaan met pogings om hom by te bring maar hy is later op die toneel dood verklaar. Die polisie ondersoek die saak.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het vroeër gesê dat ʼn driejarige seuntjie Saterdag in ʼn swembad by ʼn huis in Johannesburg verdrink het. Mulaudzi sê ʼn tweejarige seuntjie het ook Sondag in ʼn swembad by ʼn huis in Linden verdrink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.