Vyfjarige verdrink in strandswembad

Water_surface_lakeʼn Vyfjarige meisie het Sondag in ʼn swembad by Suid-strand in Durban verdrink.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die voorval het om 14:33 plaasgevind. “Lewensredders het die meisie bewusteloos in die swembad sien dryf, haar onmiddellik uitgehaal en mond-tot-mond-asemhaling begin toepas,” het Botha gesê.

Paramedici van Netcare 911 is ontbied wat dadelik begin het om gevorderde lewensreddingstegnieke toe te pas. “Die meisie is na ʼn lang reddingspoging op die toneel dood verklaar,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sonja ·

Wie los n vyfjarige naby n swembad sonder toesig en waar was die ouers toe die kind verdrink het? En dat die lewensredders op haar moes afkom?!?!
Klink of sy n rukkie in die swembad kon gele het. Dit lyk my dit gebeur nou amper daagliks met die klein kindertjies. Dis hartseer.

Retha Roux ·

Dit is regtig swak. weet ons moet nie nou verwyt nie, maar ons het 5 kinders grootgemaak, waarvan 4 van hul 2 jaar verskil in ouderdom gehad het en ons het na mense met swembaddens gegaan en ook see toe, maar nooit die kinders sonder toesig gelaat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.