Vyftien sterf in botsing

Vyftien mense is Sondag dood nadat ʼn bakkie en ʼn bus op die R510 buite Rustenburg in Noordwes gebots het.

Simon Mmope, woordvoerder van die provinsiale departement van openbare veiligheid, sê tien mans, twee vroue en drie kinders, tussen die ouderdomme van agt en 12 jaar, is in die ongeluk dood. Die bestuurder van die oorlaaide bakkie het glo probeer om drie voertuie verby te steek toe dit reg van voor teen die aankomende bus gebots het. Die bestuurder van die bakkie en sy 14 passasiers is op slag dood. Die mense in die bus is lig beseer en is na die Moses Kotane-hospitaal naby Sun City geneem vir behandeling. Die pad is ure vir verkeer gesluit maar is intussen heropen.

Thandi Modise, premier van Noordwes, het gesê sy is geskok en hartseer oor die ongeluk. Sy sê dit is die ergste ongeluk in die provinsie die afgelope paar jaar. “Ons wil graag ons meegevoel betuig aan die families wat hul geliefdes in die ongeluk verloor het en wens die beseerdes ‘n spoedige herstel toe.” Sy sê veiligheid op paaie bly die verantwoordelikheid van elke motoris. “Een sterfte op ons paaie is ‘n sterfte te veel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.