Vyftien vas na mislukte casino-rooftog

Foto: @ewnreporter/Twitter

Vyftien verdagtes wat Sondag tydens ‘n mislukte rooftog by Emperor’s Palace in Kempton Park aan die Oos-Rand in hegtenis geneem is, sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn.

Maroela Media het Sondag berig die polisie het ʼn wenk ontvang dat 19 mans die casino gaan beroof. Die polisie het die groep gewapende mans by die ingang van die casino voorgekeer waarna ʼn skietgeveg uitgebreek het. Twee van die vermeende rowers is gewond. ʼn Vyfjarige dogtertjie is ook in die skietgeveg beseer nadat ʼn dwaalkoeël haar skrams teen die kant van haar kop getref het in die casino se hotel. Aanvanklik is tien mense in hegtenis geneem. Verdere ondersoek het tot die inhegtenisname van nog vyf verdagtes gelei.

Klik hier vir meer inligting en foto’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.