W-Kaap Cosatu vra vir landwye plaasbetogings

Die foto is verlede maand tydens die gewelddadige betogings in Swellendam geneem. Foto: Dirk Smit Havenga

Cosatu in die Wes-Kaap het Sondag ʼn beroep gedoen op plaaswerkers regoor die land om deel te neem aan ʼn reuse betoging in die landboubedryf.

Tony Ehrenreich, sekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, sê plaaswerkers in die Wes-Kaap sal Dinsdag betoog. Hy sê die plaaswerkers het gevra vir ʼn “dag van aksie oor die hele landboubedryf in Suid-Afrika.” Verlede maand is twee mense dood en miljoene rande se skade aangerig na gewelddadige betogings in De Doorns, Wolseley, Ceres en verskeie ander dorpe in die Wes-Kaap. Die betogings is tot 4 Desember opgeskort op voorwaarde dat die minister van arbeid hoër lone vir plaaswerkers instel. Minister Mildred Oliphant het egter reeds verlede week gesê al word daar nou op ʼn hoër minimum loon besluit sal dit eers in April in werking tree. Ehrenreich sê die boere in die Wes-Kaap was voorheen daartoe verbind om ʼn ooreenkoms te bereik maar het nou hulle houding tot die onderhandelinge verander. “ Die regse elemente in die boere se groep het nou beheer geneem en kruip weg agter die minister se proses.” Hy sê daar is “goeie” boere wat nie saam met die “regses” stem nie en wat met vakbonde onderhandel om ʼn oplossing te vind.

Lees ook:
ANC lê klag teen Zille oor W-Kaapse onluste
De Doorns-oproer: Onderhandelings gaan dalk langer duur
De Doorns-oproer: Polisie hou situasie dop
De Doorns-oproer: Kwaadstokers glo met busse aangery
40 vas ná gewelddadige betogings in Swellendam
De Doorns-oproer: Verkneersknoop by pont naby Swellendam
De Doorns-oproer: Cosatu moet betogers nog eers inlig oor betogings
De Doorns: “Skiet die goed vrek,” sê polisie glo
De Doorns-staking: Boer beseer, paaie gesluit
De Doorns-staking vir eers opgeskort
De Doorns-staking: “Plaasarbeider” sterf, vyf beseer
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

rusty ·

My vraag is is die plaas werkers onder dwang in diens geneem of het hulle die plaas boer vir werk gevra?
Al die plaas werkers moet afgedank word en werk lose blankes moet in diens geneem word

Paul Joubert ·

Die mense op daardie foto is nie van Swellendam nie – hulle is spesiaal daarheen aangery omdat die ANC beheer van die dorpsraad verloor het enkele dae voor daardie oproer. Dis g’n “plaaswerkers” wat daar te kere gegaan het nie.

Ten minste kry Wildebraam lekker reklame met die foto :)

Paul Joubert ·

Die besighede wat erg beskadig is in die dorp, is almal die besighede wat deur DA-raadslede of ander DA-mense besit word.

Tante Afrikana ·

Darem snaaks dat wanneer die boere beskerming kry, dit nou weer apartheid styl regse elemente is. My opinie is, dat wanneer my werkgewer my nie betaal wat ek werd is nie, dan loop soek ek vir my ander werk. Ek brand nie die kantoor af nie. Dis vry land hierdie, niemand ketting jou vas aan die plaas nie.

Dirk J. Coetzee ·

Die kortsigtigheid van die mense wat vra vir landwye plaasbetogings gaan my verstand te bowe. Dat hulle nie kan insien dat hulle hul eie, sowel as hulle lede, se kele ekonomies afsny nie, laat my dink aan die dwase waarvan Salomo so baie in Spreuke en Prediker praat. Eintlik moet ‘n mens hulle jammer kry, want hulle optrede is dwaas. En ja, Jakob sê niks …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.