W-Kaap-plaaswerkers steek vragmotor aan die brand

Foto: JE le Roux

Foto: JE le Roux

Plaaswerkers het Maandag ʼn vragmotor in Wellington in die Wes-Kaap aan die brand gesteek.

“Sowat 120 werkers by Sandrivier-landgoed het ander werkers verhoed om die perseel te betree en het die voertuig en ʼn gedeelte van die veld op die plaas aan die brand gesteek,” het kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die boorde is nie beskadig nie.

Hy sê die polisie is ontplooi om verdere skade te verhoed en die werkers na ʼn oop stuk grond te lei.

Twaalf mense is in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging. Geen beserings is aangemeld nie en geen skote is gevuur nie.

“Dit is seisoenale werkers en hulle het aan ʼn onbeskermde staking op die plase van die JE le Roux-groep in die Paarl, Wellington en Piketberg deelgeneem,” het Porchia Adams, woordvoerder van Agri Wes-Kaap, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trippie ·

Hoekom moet alles alewig deur verwoes word ?
Hierdie intimidasie kry my sowaar onder – los diegene wat bereid is om te werk !

Maggie ·

Ag Leon gaan jy dan op die plase werk, asb lees die berig oordentlik, die ander plaaswerkers het gekeer, en op die nuus gese hul is baie gelukkig met huidige omstandighede. Wat jy klaarblyklik nie besef nie, is dat dit ou neusie en sy makkers is wat opsteek, alles vir politieke gewin. Hoop jy verstaan nou so ‘n bietjie beter.

leon ·

More Maggie, ek verstaan alte goed dankie. Ek woon in Paarl. So ons het die staking eerstehands beleef. Asb as hulle staak kom self en kyk hoe die barbare tekere gaan en als verwoes dan praat ons weer.

Penelope Loxton ·

Hulle sal later deur masjiene vervang word. Masjiene staak nie.

Anna-Be ·

Die verslaggewers moet seker maak van hulle feite! dis nie JC LE ROUX GROEP NIE, dis Je Le Roux Groep!
JC LE ROUX maak vonkelwyn, sit beslis nie in Wellington/Paarl omgewing nie EN beslis nie ‘n sitrus en sagtevrugte plaas nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.