Waaghalsige sprong weer uitgestel

Felix Baumgartner

Felix Baumgartner het besluit om nie ‘n tweede poging aan te wend om Donderdag ‘n supersoniese sprong oor New Mexico uit te voer nie.

Baumgartner het Dinsdag sy poging weens windsterkte laat vaar, maar sy span het gehoop dat die weerstoestande hom Donderdag sou toelaat om weer te probeer. Sy meteoroloog het egter Woensdag bevestig dat die weersomstandighede nie teen Donderdag sou opklaar nie. Die span sal vergader om verdere planne te beraam.

Baumgartner wil graag die eerste vryvaller wees wat die klankgrens breek deur uit ‘n kapsule te spring wat sowat 23 myl (37 km) hoog in die stratosfeer dryf. Die spring is Maandag weens die weer uitgestel, en Dinsdag weer ter elfder ure laat vaar. Die ballon is só delikaat dat dit slegs kan opstyg wanneer die wind teen minder as 3 km/h op die grond waai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.