Waar kom “Die nag van die lang messe” vandaan?

Steek daar enige waarheid in die gerugte oor ʼn “nag van die lang messe”? Hoef Suid-Afrikaners bekommerd te wees?

In die lig van oudpresident Nelson Mandela se lang siekbed en huidige kritieke toestand, ontvang die artikel “Mandela, uhuru en die nag van die lang messe” wat op Maroela Media gepubliseer is, baie trefslae, en heelwat lesers lewer kommentaar. Van die kommentaarskrywers dig die herkoms van die gedagte aan die Nag van die lang messe aan Siener Niklaas van Rensburg toe, al meld die nuuskommentaar duidelik dat dié herkoms volgens die mees gesaghebbende skrywers oor Siener, onjuis is.

In ‘n onderhoud met Rapport prof. Andries Raath, skrywer van die boek “Niklaas van Rensburg, Die Siener”, dat Van Rensburg nooit die nag van die lang messe voorspel het nie: “Deur die jare het talle publikasies (wat op tweedehandse of apokriewe inligting oor Van Rensburg steun) ’n vals beeld van die ou Boereprofeet geskets as ’n soort Nostradamus-figuur wat “kristalbal”-voorspellings gemaak het. Baie dikwels is sy voorspellings misbruik om (dikwels ekstremistiese) politieke agendas te dien.”

‘n Bespreking, Siener van Rensburg: Rigter of profeet, kan hier gelees word.

Ander meen hierdie voorspelling kom van ‘n ander bekende persoon, Johanna Brandt (soms as Brand aangedui).

Johanna was in eie persoon merkwaardig. Anders as Siener van Rensburg, wat nooit geleer skryf het nie en net die Bybel gelees het, was Johanna as dogter van ‘n predikant opvoedkundig goed toegerus, en het sy heelwat skryfwerk in Afrikaans en Engels opgelewer.

Johanna is in 1876 gebore, en het haar opleiding voltooi met ‘n twee jaar lange bywoning van die Good Hope Seminary for Young Ladies in Kaapstad.
Tydens die Anglo Boere-oorlog het sy vrywillige verpleging in Pretoria gedoen tot die stad deur die Britse magte beset is. Die Engelse het die huis wat sy en haar moeder bewoon het, as ‘n bevelsetel ingerig, en heel duidelik die twee vroue se vermoë om die stryd voor te sit onderskat.

Sy word dus ook as Boere-spioen, selfs baasspioen, nasionalis en propagandis onthou. Haar profesieë het eers later, in 1917 met die dood van haar moeder, gekom, en word dikwels bloot terloops genoem asof dit minder swaar weeg as die ander eienskappe waaroor sy onthou word.

Verskeie instansies wat vir baie regse sentimente bekend is, publiseer baie van Brandt se profesieë, wat in wese daarop neerkom dat daar ‘n groot staking sal wees, waartydens niks meer sal funksioneer nie. Dan word Johannesburg se kragtoevoer verbreek en talle swart mense vaar die strate in om blankes te vermoor. Dit inspireer swart mense elders om ook so te maak.

Sekere mense hou egter vol dat die nag van die lang messe na Siener van Rensburg teruggevoer word, en herlei dit regstreeks na oud-president Nelson Mandela se sterwe. Hiervolgens moet Mandela egter in die Heldeakker in Pretoria, en nie in die Oos-Kaap nie, begrawe word.

Raath wys daarop dat die beweerde profesieë wat Siener met die nag van die lang messe verbind, eers na 1996 die lig begin sien het.

Die probleem is dat Siener van Rensburg se profesieë so gestel is dat dit baie moeilik uitgelê kon word. Hy was ook uiters gesteld daarop om homself nie as toekomsvoorspeller te laat bekend staan nie, en het meermale gesê niemand, behalwe die Vader, ken die toekoms nie. Uit Raath se boek blyk dit dat daar talle “operasionele” visioene uit sy onmiddellike tyd was, wat dikwels tydens die Anglo-Boere-oorlog tot die Boeremagte, en tydens die rebellie, tot die rebelle se voordeel was. Hy het ook nog Japan se toetrede tot die Tweede Wêreldoorlog voorspel.

Johanna Brandt se voorspellings, sonder om ‘n mening oor die akkuraatheid daarvan uit te spreek, pas egter baie sterk aan by sake wat ‘n baie regse siening ondersteun. Dit speel baie dikwels op rassepolitiek en konflik tussen rasse af.

Volgens ‘n meer onlangse opvatting maak die Nag van die lang messe deel van ‘n omvattender aksie uit, met onder meer die volgende name of fases: UHURU / Nag van die lang messe / Operation Vula / Operation White Clean-up / Operation Iron Eagle / Red October campaign.

Net so heftig soos sommige mense in die nag van die lang messe glo, net so heftig voel ander, ook in baie regse geledere, dat dit nie gaan gebeur nie.

‘n Derde groep meen dat dit wat reeds gebeur, soos plaasaanvalle, reeds binne die simboliese karakter van die voorspellings val.

Uit sommige kommentare blyk dat die houding aangeneem word dat dit goed is om voorbereid te wees, vir ingeval dit waar sou wees.

Vanuit die regering se hoek sal veral kennis geneem word van die moontlikheid dat radikale wit groepe wat meen die nag van die lang messe gaan ‘n werklikheid wees, die moeilikheid sal wil “voorspring” en self moeilikheid maak.

Die onderliggende kwessie is dat sommige mense meer geneig is om vatbaar te wees vir samesweringstorieë as ander. Australiese navorsers het ook bevind dat mense wat geneig is om in sameweringsteorieë te glo, ook meer geneig is om ontkenners te wees, soos dat daar al mense op die maan was, dat die MIV-virus vigs veroorsaak en ander sake.

Boonop bied die internet ‘n geil teelaarde waar mense met ongewone idees mekaar kan warm broei, en mekaar in hul oortuigings kan versterk.

Hoe sou die gedagte aan die nag van die lang messe suiwer politiek-wetenskaplik opgeneem word?

Daar is rede tot kommer dat die kwessie van versoening in  die land nie meer oral sterk gepropageer word nie. Julius Malema wil ‘n politieke party stig wat “minder op versoening” ingestel is, en sy party sal volgens ‘n opname van Pondering Panda sowat ‘n kwart van die jong mense steun trek.

Pas het ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratise Party die burgemeester van Tshwane gelooi omdat hy die nagedagtenis van Madiba wil huldig deur Pretoria se straatnaamsveranderings deur te voer. Hoe staan dit in verband met Mandela se woorde voor hy tronk toe is, dat hy veg teen wit en teen swart verdrukking? Die FW de Klerkstigting spoel gereeld die mond uit oor die ANC, soms selfs deur ampsbekleërs se uitsprake, duidelik nie meer ‘n sterk gebondenheid tot die nasionale vredesakkoord voel nie.

Die plofbare kwessie in die land is nie regstreeks rasgebonde nie, maar in sosio-ekonomiese ongelykhede en groot vlakke van werkloosheid. Swak dienslewering dien as katalisator. Die probleem is dat die regering voortdurend die ongelykhede met ras gelykstel om rassediskriminerende wette en maatreëls te regverdig, en die raskwessie, en die potensiële spanning, word dus “warm” gehou

Soos ook uit regse geledere uitgewys is – met die oë van die wêreld op Suid-Afrika rondom die verwagte afsterwe van Mandela en daarna, sal dit die internasionale beeld van  die land soveel skade berokken dat die regering ook so ‘n situasie, of selfs iets wat net naastenby daarmee verband hou, sal wil verhoed.

Die grootste gevaar lê in wat mense glo, en wat hulle daaromtrent doen.

Die media hanteer hierdie kwessie soos ‘n warm patat. Hoewel die term “nag van die lang messe” in die verlede in koerante genoem is, word juis nou omsigtig geskryf om dit nie te noem nie, maar tog mense tot gerustheid te stem, en tot gematigdheid op te vorder. Dié benadering is baie verstaanbaar in die lig van die talle bogstories wat vir die waarheid verkondig word, omdat dit heel moontlik mense verkeerde gedagtes kan gee en tot onverantwoordelike optrede kan inspireer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Trudie ·

Ek het n baie eienaardig droom gehad toe ek in standerd drie was baie jare terug- My hande en voete het vreeslik gesweet en in daardie dae was daar niks wat vir jou gedoen kon word om sweet te verminder nie. Ek het een oomblik gedroom ons bediende wat ons as kinders opgepas het op daardie stadium dra my op haar rug in die hospitaal in daar is baie bedens lyk soos n hospitaal saal waar pasiente lê , ek is daar vir n operasie vir my weet hande en voete , volgende oomblik droom ek dat sy van een bed na die volgende rol en mense in die bed dood steek……Jare later het ek vir n operasie gegaan vir my hande en voete om sweet te stop en n paar jaar later is ons in nuwe Suid Afrika en wit mense word oral dood gemaak ….?????

Sue ·

one word – APLA – this is where the trouble will come from – google them.

Leslie ·

As die swart mense net minder kinders het, want daar is ooral meer en meer kinders wat swaar kry en tog gaan dit net voort
Die onglykheid is wel daar, maar hulle verstaan nie dat minder meer het as wat meer meer het, as daar 10 wit mense is sal 4 seker werk he maar as daar 100 swart mense is sal daar seker 40 werk he
dit maak n mens moeg

Tante Afrikana ·

Ag nee asseblief mense….wat ook al gebeur in vandag…het al reeds gebeur en sal weer in die toekoms gebeur. Ons as die menslike ou wesentjies hier op aarde maak mos maar eeu na eeu dieselfde ou foutjies. Ons leer mos nie uit ons foute nie. Ons het hierdie wonderlike breine wat soveel meer kan doen as wat ons op die oomblik doen, maar ja ……ons verkies om hier in die modder rond te dobber….

silentrider ·

as dit moet gebeur(die nag vandi lang messe) hoeveel van ons se lewens is reg meti Here? as jou lewe reg is met hom dan hoef jy as mens mos nie dood te frees nie,want die Here se 1000 mans sal om jo val mar niks sal met jou gebeur nie….maak onse vader valse beloftes aan sy kinders?

sybille ·

Die nag van die lang messe dateer terug na ‘n sowjet plan genaamd Operasie Vula, lees gerus op daaroor. Hier is ‘n ou artikel wat in worldnetdaily verskyn het daaroor meeste van die ou oorspronklike artikels het al jare terug verdwyn.. maar nie uit die swartes se geheue nie, hulle wag vir daardie dag. http://www.wnd.com/2004/02/23169/

Angeline ·

Siener van Rensburg was die oupa van my “Geestespa” wat vandag reeds 80jaar oud is en steeds spaar die ons Vader hom vir ons, en hy weet ook van die gerigte. Eerstens wil ek se dat Siener al sy boodskappe van die Here af ontvang het, en hy was verseker ‘n profeet en kind van God, alles wat hy gekry het van die Here af, het reeds plaas gevind, sou hy die nag van die lang messe dan ook uit sy duim gesuig het ??en tweedens, GOD KAN NIE LIEG NIE !! Ek stem saam met die persoon wat se: As ons saak met ons Hemelse Vader reg is, hoekom vrees jy?? Persoonlik dink ek, die heel belangrikste is. ONS MOET ALMAL OP GOD VERTROU, ons verhouding met HOM is belangrik, want die tyd is BITTER naby. Hy sal sy kinders bewaar en veilig hou, soos Hy belowe het.
As jou hart nog nie reg is nie, MOENNIE wag nie, daar is nie meer tyd nie mense, Die Here wag vir jou en het elkeen van ons bitter lief. Sy Bloed het reeds die prys betaal.

Leon ·

Mnr die outeur van hierdie artikel – skrik wakker – jy is beslis op n ander planeet – ek stem heelhartig saam met meeste van ons lesers – Net soos wat Nostradamus n siener was, was Van Rensburg ook God gebruik profete soos hy goeddink en wanneer Hy wil as ons die Bybel lees en veral indie Ou Testament het God profete gebruik om Sy volk te waarsku oor hulle verkeerde wee en vir hulle te vertrel van die Verlosser wat gaan kom wat hulle inteendeel nog steeds verwag – Jesus was die grootste Profeet van almal maar ook terselfdetyd die Verlosser vir die wereld, wat jy eindlik daardeur impliseer is wat God aan Daniel geopenbaar het en wat Jesus tydens Sy bergpredikasie geprofeteer het asook die gesigte en openbaring oor die eindtyd wat Johannes van Jesus ontvang het op patmos is net n storie dan moet jy tweekeer gaan dink en besin. Net soos in die outyd het die groot meerderheid van God se volk die profete verontagsaam, uitgelag en selfs gedood toe God hulle gewaarsku het tot ernstige gevolge – lyk my sommiges van ons doen vandag presies die selfde as in daardie outyd (geskiedenis herhaal homself) ons lag partykeer God se profesiee af asof niks gaan gebeur nie. God gebruik vandag nog profete – gebeur dit dan gebeur dit, indien nie God is by magte om aftesien van Sy plan soos Hy velemale gemaak het met Sy volkie sodra hulle tergkeer na Hom in Sy regspraak wat Hy uitgepreek het om dit weer te herroep – 2 Tim 1:7 God is nie n God van vrees nie – baie van die lesers het dit reg as ons saak reg is met die Here dan het die mens niks om oor te vrees nie – dit is hoogtyd dat die bom hier in die mooie Suid Afrika nou bars sodat alles weer na normaal kan terugkeer volgens die wil van God – ek dra jou en Suid Afrika op in my gebede om ons te spaar van al die ellende

Groetnis my ou maat

Leon

sandra ·

Dit maak nie saak wat in die toekoms gebeur nie wat gebeur sal gebeur ons pad is vir ons uitgele al voor ons geboorte af belangrikste is om aan Die HERE vas tehou raak stil en moenie verward raak nie wees waaksaam en sorg dat almal reg is met die HERE en geloof is daar om aan vas te hou en ons sal verseker beproef word maar dit sal nie bo kant jou vermoee wees nie so wees rustig maar bly waaksaam.

elize ·

Ek wil heelhartig saam met Sandra stem.ons paadtjie IS lank voor al die voospellings uitgele. As ons sê ons is kinders van die Here MAG ons nie vrees inboesem by mense nie. Hoeveel van al die mense wat so vrees saai.weet dat God se Woord.duidelik se Hy het ons nie n gees van vrees gegee nie maar van sagmoedigheid. Hoeveel van al die mense wat so vrees saai gaan uit en gaan maak dissipels vir God. Asseblief mense kom hou op om vrees te saai en vertel eerder vir die mense hoe veilig hulle is as hulle Jesus aanneem. Gaan hierdie Feestyd tegemoet met.dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader vir elke dag wat HY.by ons lewens voeg. Kom ons dank Hom elke dag vir al Sy Genade wat ons ontvang. Geseende Kersfees aan julle almal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.