Waarom is daar so min linkshandiges?

Slegs een uit elke 10 persone in die wêreld verkies om hul linker eerder as regterhand te gebruik, ‘n verhouding wat reeds vir die afgelope meer as 5 000 jaar onveranderd gebly het, sê Rick Nauert van PsychCentral.

Waarom is ons nie almal regshandig nie? Waarom is daar nie ‘n 50-50-verdeling nie? Nuwe navorsing van die Northwestern University in Amerika het moontlik ‘n verklaring.  Volgens navorsers kan dié konstante lae persentasie toegeskryf word aan ‘n “balans tussen samewerking en ‘n kompeterende gees in die menslike aard”. Mense het ‘n evolusionêre behoefte om saam te werk,  byvoorbeeld om instrumente te deel of wanneer hulle in groepe saam gejag het. As meeste van ons dus dieselfde hand gebruik, maak dit dit baie makliker om saam te werk. “hoe meer sosiaal die dier, waar samewerking hoog op prys gestel word, hoe meer sal die algemene populasie daartoe neig om een kant bó die ander te verkies,” het medeskrywer Daniel M. Abrams gesê.

Die rede waarom ons egter nie almal regshandig is nie, is omdat mense nie uitsluitlik samewerkend is nie. Ons ding ook met mekaar mee en het nog altyd. “Indien ‘n samelewing uitsluitlik moes saamwerk, dan sou almal dieselfde band gebruik het,” sê Nauert. Ons behoefte om met mekaar mee te ding sal egter altyd sorg dat daar linkshandige persone is.

“Fisiese kompetisie bevoordeel die ongewone,” sê hy. “Byvoorbeeld, in ‘n vuisgeveg sal die linkerhandige die voordeel trek.” Om die geldigheid van hul navorsing te staaf, het navorsers hulself na sportsoorte soos boks, swaardgeveg en tafeltennis gewend. In atletiek is linkshandiges oorverteenwoordig tot een uit elke vyf atlete. Die teenoorgestelde is egter waar in sportsoorte waar handigheid nie ‘n rol speel nie. Byvoorbeeld, die aantal suksesvolle linkshandige PGA-golfspelers is baie laag, slegs vier persent, het PhysOrg gesê.

Bekende linkshandiges sluit die volgende persone in:

Leonardo Da Vinci
Drew Barrymore
Kim Basinger
Pierce Brosnan
Jim Carrey
Charlie Chaplin
Tom Cruise
Robert De Niro
Morgan Freeman
Angelina Jolie
Nicole Kidman
Val Kilmer
Lisa Kudrow
Marilyn Monroe
Mary-Kate & Ashley Olsen
Sarah Jessica Parker
Brad Pitt
Keanu Reeves
Julia Roberts
Sylvester Stallone
Lewis Carroll
Matt Groening
James Cameron
Spike Lee
David Bowie
Celine Dion
Eminem
Kurt Cobain
Jimi Hendrix
Annie Lennox
Sir Paul McCartney
Ricky Martin
Sting
Albert Einstein
Jack The Ripper
Napoleon Bonaparte
Julius Caesar
Aristotle
Neil Armstrong
Henry Ford
Marie Curie
Joan of Arc
Helen Keller
Queen Mother
Prince William
Winston Churchill
President George Bush
President Barack Obama
Wasim Akram
Diego Armando Maradona
Pele
John McEnroe
Martina Navratilova

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henrietta Bock ·

Hierdie is vir my ‘n baie interressante onderwerp….ek weet netnie of ek saamstem dat dit ‘n keuse is om links te wees nie. Daar was baie jare gelede ‘n program op RSG daaroor en prestasies wat linkshandiges gedoen het….hulle het gevind dat linkshandiges wanneer hulle presteer hul eintlik soveel beter doen as regshandiges….daar was ‘n klomp name genoeme en dinge wat ek nie meer kan onthou nie. Maar onder andere ook oor uitvindsels en hoeveel daarvan deur linkshandiges gedoen is. Persoonlik glo ek dat jou linkshandiges baie meer intelligente mense is, vat maar vir Einstein as ‘n voorbeeld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.