Waarskuwing en opgeskorte vonnis vir ou man wat verkrag

kinderhandeʼn 64-jarige man van Mpumalanga wat seks gehad het met ʼn 14-jarige meisie, is Donderdag met ʼn waarskuwing en ʼn opgeskorte vonnis vrygelaat.

Elliot Elphas Siyenga van Tonga is verlede jaar in hegtenis geneem nadat ʼn 14-jarige meisie van sy buurt swanger geword het en hy as die pa uitgewys is. Die streekshof in Nelspruit het gehoor dat die familie die saak aangemeld het nadat die meisie swanger geraak en ʼn miskraam gehad het. Sy het gesê Siyenga is die pa van die kind.

ʼn Saak van statutêre verkragting is in daardie stadium teen Siyenga oopgemaak, maar is later teruggetrek. Die klag is vroeër vanjaar weer ingestel en Siyenga is na die hof ontbied. Hy het skuldig gepleit. “Ek het al sedert 2010 ʼn verhouding met die meisie. Ek pleit skuldig op die aanklag. Ek weet dit is teen die weet om seks met ʼn minderjarige te hê,” het hy in sy bekentenis gesê.

Landdros Willie Wilkens het gesê dit is die hof se plig om meisies te beskerm om nie swanger te raak nie. “Die hof moet vonnisse oplê vir sulke oortredings teen jong meisies om as ʼn afskrikmiddel te dien vir oortreders en vir diegene wat nog net daaroor dink om die wet te oortree. Hy sê as Siyenga nie skuldig gepleit het nie, sou hy hom 10 jaar tronkstraf opgelê het.

Siyenga is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis waarvan vyf jaar opgeskort is. Wilkens sê dat, aangesien Siyenga ʼn pensioenaris is, direkte tronkstraf sal veroorsaak dat hy sy pensioengeld verloor. “Weens jou bekentenis, gaan ek jou nie direkte tronkstraf oplê nie. As ek dit sou doen, sal jy as ʼn baie ou man uit die tronk uit stap. Jy moet in die vervolg versigtig wees en wegbly van jong meisies,” het Wilkens gesê. “Ek waarsku jou dat jy tydens die volgende vyf jaar glad nie by enige soortgelyke oortredings betrokke mag wees nie.”

Siyenga is ook ongeskik verklaar om met kinders te werk. Sy naam sal op ʼn register vir oortreders van seksmisdrywe geplaas word en hy moet die voorval ook by enige toekomstige werkgewers aanmeld. “Indien jy die saak nie by jou werkgewers aanmeld nie, sal jy aangesê word om ʼn boete van R140 000 te betaal of sewe jaar tronkstraf opgelê word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Somerset Morkel ·

Wat se tipe ‘justice’ is dit? Ek is nou 64 jr oud. So: Ek kan dit ook doen, en dan met ‘n opgeskorte vonnis wegloop? Daar is GEEN afskrikking in hierdie vonnis nie – iets wat deel is van enige wetstoepassing. Hy kon maar sy pensioen verloor het.. As hy skuldig BEVIND is, sou hy 10 jaar gekry het. Omdat hy skuld erken het, kry hy NIKS? Gebrekkige regspraak, beslis..

EK ·

Nee hel, hiermee word hierdie daad mos goedgekeur? Liewe magtig haar oupa grootjie?

Liana ·

“Ek waarsku jou dat jy tydens die volgende vyf jaar glad nie by enige soortgelyke oortredings betrokke mag wees nie.”

EN NA HIERDIE 5 JAAR?

Jasper ·

Ek glo dit nie. Ek gaan nou eers my kop skud sodat my ore my kan wakker klap

Jasper ·

Dit bly n oortreding om met n minderjarige gemeenskap hê al is sy n slet.

Abie ·

Daar is GEEN verskil in seks met ‘n man van 24, 34, 54 of 64 nie – seks bly seks. Die meisie was ‘n gewillige seksmaat totdat die ding verkeerd gedraai het met haar swangerskap. Die ou man was heel waarskynlik nie haar eerste seksmaat /-ervaring nie. Meeste van hierdie tipe meisies is al van heelwat jonger af seksueel aktief. Die feit dat sy 14 jr oud is, speel geen rol in haar liggaamlike ontwikkeling nie. Mense ontwikkel teen verskillende tempo’s en as sy wou, dan wou sy. Dit was nie “verkragting” nie – dit was saamslaap en nou word dit uitgemaak as “statutere verkragting”. Ek stem saam met die Landdros.

Liana ·

Als goed en wel as dit jou opinie is. Maar in hierdie geval het die landdros hom nie vrygespreek omdat dit saamslaap was nie, eerder omdat hy nie wou he die man moet sy pensioen verloor nie. Dit dra n boodskap oor aan die man op die straat dat sodra jy op pensioen is jy nie tronk toe gestuur word nie. Dit is wat my die meeste van hierdie storie pla.

Amy ·

Nee kyk, dis darem lekker in SA. In ander lande word jy gehang vir die tipe misdryf. Hy gaan dit weer doen, ek weet dit sommer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.