Waarskuwing oor hernieude onluste in W-Kaap

Werkers betoog in Swellendam tydens onluste in die Wes-Kaap in November verlede jaar. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Nosey Pieterse, president van Bawsi en uitvoerende hoof van Bawusa, sê indien die regering nie ingryp in die landbousektor in die Wes-Kaap nie nog opstande onvermydelik sal wees.

SABC News berig dat Pieterse, wat as hooffiguur agter die onluste in die Wes-Kaap na vore getree het, die uitlating gemaak het tydens adjunk-president Kgalema Motlanthe se besoek Saterdag aan die De Doorns in die Boland. Pieterse het glo gesê die situasie in die landboubedryf in die Wes-Kaap is besig om weer agteruit te gaan aangesien boere glo nou daarop aandring dat plaaswerkers huur betaal. Dit volg nadat Mildred Oliphant, die minister van arbeid, die minimumloon vir plaasweerkers na R105 per dag verhoog het na verskeie onluste in Wes-Kaapse dorpe in November en Februarie. Volgens SABC News het plaaswerkers aan Motlanthe gesê die verhoging het geen verskil gemaak nie. Motlanthe het gevra vir samewerking tussen boere en hulle werkers en gesê dit was in almal se belang dat ʼn oplossing gevind word vir die probleme tussen die twee partye.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Wat wil die spul gemors nog he? Al die plase sodat hulle dit tot in die afgrond in kan vernietig?

Flippie Bester ·

Hul moes gedink het aan die konsekwensies van simpelgeid. Die vermoee om te dink is nie vir almal beskore nie

H J Bester ·

Nosey Pieters van BAWSI-faam, word ruim deur die ANC-regering vergoed vir die aanhitsing van plaas-stakings en -geweld en het reeds miljoene van die ANC daarvoor ontvang – natuurlik alles geblaas. En alhoewel die boere gaan seerkry, gaan die stakers en die ANC op die ou einde die verloorders wees want die ganse saak word kunsmatig gedryf net om die DA-beheerde Wes-Kaap in onguns by die anderkleuriges te bring – die ANC gaan nie slaag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.