Waarskuwing oor hoenderprodukte

Verbruikers is Woensdag gewaarsku oor verkeerde etikette op sommige gevriesde hoenderprodukte wat landswyd verkoop word.

Die departement van gesondheid het gesê die waarskuwing geld vir gevriesde hoenderporsies (individuele vinniggevriesde-porsies). “Die beskrywing lig die verbruiker nie in dat die produk ‘n saamgestelde voedsel is nie. Die vervaardiger voeg ‘n pekelwateroplossing by die porsies,” het Fidel Radebe, woordvoerder vir die departement, gesê.

Die pekelwater bevat water, sout en voedselbymiddels insluitend verdikkingsmiddels en geurmiddels, wat in die hoenderporsies ingespuit word. Volgens Hadebe is die persentasie pekelwater tot soveel as 30%, waarvan 29% water beloop. Hy sê dit beïnvloed die gehalte uit ‘n voedingswaarde-oogpunt en verhoog die soutinhoud. Verkeerde etikette, of produkte wat sonder etikette verkoop word is egter nie ‘n gesondheidsrisiko nie. “Dit is belangrik dat verbruikers bewus is van die ware inhoud van die produkte en daarom bied ons hulle die geleentheid om die produkte na goeddunke te gebruik wanneer hulle dit aankoop,” het hy gesê.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Swak gebruik van persentasies deur Sapa.
“persentasie pekelwater tot soveel as 30%, waarvan 29% water beloop.”

Dit beteken letterlik dat 30% pekelwater is, en dan dat 29% van die 30% pekelwater, water is. Met ander woorde, dat die pekelwater uit 29% water en 71% ander dinge bestaan – duidelik belaglik.

Wiskundig korrekte bewoording sou wees:
“persentasie pekelwater tot soveel as 30%, waarvan 97% water beloop.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.