Waarskuwing oor vloede in Krugerwildtuin

Die foto van die Sabie Rivier is deur die gebruiker @NelspruitGossip op Twitter gelaai

Die Suid-Afrikaanse ­Nasionale Parke-owerheid (SANparke) het Woensdag ʼn dringende waarskuwing uitgereik oor vloede in die Krugerwildtuin.

SANparke sê in ʼn verklaring dat die ingangshekke by die Crocodile Bridge en Giriyondo-grenspos gesluit is tot verdere kennisgewing weens vloedwater. Die pad tussen Letaba en Olifants is ontoeganklik terwyl mense gevra is om laagwaterbrûe en grondpaaie te vermy. Die Biyamiti-boskamp, Shimuwini-boskamp, Talamati-boskamp en Tshokwane-piekniekarea is ook gesluit. Die pad tussen Letaba en Phalaborwa en die pad tussen Skukuza en Malelane/Pretoriuskop is in vloed en gesluit. SANparke sê die Tinga private reservaat word tans ontruim met behulp van helikopters.

Intussen word daar berig dat noodspanne onderweg is na Hoedspruit waar vloede voorkom. Hoedspruit is volgens berigte reeds van die buitewêreld afgesny nadat die Olifants- en Blyderiviere hulle walle oorstroom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.