Waarskuwing: Rotse val op Kei-pas

falling-rocksGroot rotse val op die Kei-pas op die N2-snelweg in die Oos-Kaap weens swaar reënval, het Arrive Alive Dinsdagoggend gewaarsku.

Tshepo Machaya, ʼn woordvoerder van Arrive Alive, het motoriste versoek om uiters versigtig te bestuur op die pas tussen Butterworth en Oos-Londen. Hy het gesê groot rotse wat reeds op die pad geval het, vertraag verkeer in die omgewing.

“Ons is besig om reëlings te tref dat opruimingswerk kan begin sodat verkeer weer vrylik kan beweeg,” het hy gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.