Waarskuwing: Swaar reën in Mpumalanga verwag

Argieffoto

Swaar reën word vir die volgende twee dae in Mpumalanga verwag en ʼn waarskuwing word na alle inwoners uitgestuur.

“Die departement van samewerkende regering het alle munisipaliteite aangesê om op ʼn volle gereedheidsbasis te staan,” het Simphiwe Kunene, woordvoerder vir departement, Donderdag gesê. “Die swaar reën kan dam- en riviervlakke laat styg en klein stroompies en riviere baie gevaarlik maak.”

Hy raai mense aan om weg te bly van rivieroewers en om nie riviere of laagwaterbruggies te probeer oorsteek nie.

“Die departement doen ʼn beroep op alle gemeenskappe om voorkomsmaatreëls te tref, veral diegene in laagwatergebiede,” het hy gesê. “Alle padgebruikers word versoek om uiters versigtig te wees, aangesien die paaie nat sal wees en rotsstortings in sommige gebiede kan plaasvind.”

Die swaar reënval word Vrydag en Saterdag verwag.

Indien oorstromings plaasvind kan inwoners met die rampbestuureenheid in verbinding tree deur tolvry 0800 202 507 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marie-louise van der Westhuizen ·

baie dankie vir waarskuwing, kom ons hoop die mense wat naby die riviere en damme bly gee gehoor en tref voorsorg!! Mag God almal veilig hou!!!

adelien ·

baie dankie vir die waarskuwing sal op ons hoede wees bid dat God ons sal bewaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.