ʼn Veiligheidswag is Woensdagmiddag by ʼn konstruksieterrein naby Durban geskiet en gewond.
Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die voorval het langs die N2-deurpad naby Durban se EB Cloete-wisselaar plaasgevind. “Met ons aankoms het die wag teen ʼn styl skuinste gelê met ʼn skietwond in die rug. Die man is op die toneel gestabiliseer en in ʼn ernstige toestand na die St Augustine’s-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”
Die polisie het die voorval bevestig en gesê hulle ondersoek ʼn saak van poging tot moord.