Wag wat glo moor kry borg

ʼn Veiligheidswag van Kimberley is Donderdag op borg vrygelaat nadat hy glo ʼn motorwag doodgeskiet het.

Luit. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, sê Thabang Alex Dinale (24) is op borgtog van R2 000 vrygelaat en sy saak is tot 26 September uitgestel. Dinale word daarvan beskuldig dat hy ʼn motorwag Mudinie Hassim (43) Woensdag doodgeskiet het. “Die transito-veiligheidswag was besig om geld in ʼn kluis by ʼn OTM te laai toe die slagoffer glo op die sypaadjie probeer verbysteek het. Dinale het hom glo gevra om op ʼn ander plek verby te gaan waarna daar glo ʼn rusie tussen die twee mans uitgebreek het.” Dinale beweer dat Hassim hom geklap het waarna hy sy vuurwapen uitgeruk en hom glo geskiet het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.