Wal-Mart herroep donkievleis in China

Argieffoto

Argieffoto

Chinese wat donkievleis by ‘n Wal-Mart-tak in Shanghai gekoop het, sal hul geld terugkry nadat DNS-toetse aan die lig gebring het dat die vleis ook ander diersoorte bevat.

Donkievleis, wat onder die handelsnaam “Five Spice” verkoop word, is gewild onder sommige gemeenskappe in China, en in 2011 is 2,4 miljoen donkies agter die Bamboesgordyn geslag. Die probleem is die ander vleissoorte wat tussen die donkievleis beland het, waaronder die vleis van vosse.

Die insident is ‘n groot terugslag vir Wal-Mart wat beoog om 110 takke oor die volgende paar jaar te vestig. Die groep het sy verskoning aangebied, en stel saam met die Chinese owerhede ondersoek in na die verskaffer in China. Volgens Wal-Mart word ‘n bestuurder van die verskaffer se fabriek reeds aangehou.

China is baie gevoelig oor wat aan hulle verkwansel is na skandale, soos dat ou “rioololie” as kookolie aan hulle afgesmeer is.

In 2011 is Wal-Mart beboet omdat dit eendvleis ná die vervaldatum in China verkoop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jasper ·

Maar, honde, katte, slange, paddas en menslike embrios eet hulle lustig.

AmY ·

Vleis is vleis. Ek glo ons gaan geskok wees as ons weet wat werklik alles in ons vleis ingesit word. Veral wors… Daar is nou vir jou ‘n klomp goeters in.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.