Waldemar Schultz se ode aan sy seun Kieran

Waldemar Schultz. Foto: Facebook

Waldemar Schultz, oftewel Jan-Hendrik van 7de Laan, het vir die eerste keer sedert sy 14-jarige seun, Kieran, Saterdag by ʼn uitkykpunt in Hermanus gegly en geval het, oor sy seun op Twitter geskryf.

Hy het Vrydag geskryf: “Kieran ek mis vandag jou gedoefdoef op die trap en jou deuntjielose gefluit en jou oorneem van die bed…”[sic]

Kieran is Woensdag in Somerset-Wes veras, waar Waldemar en sy vrou, Ira Blanckenberg, woon. Ira het die rol van Erika Landsberg in 7de Laan vertolk.

Waldi het ná die diens getwiet: “Kieran ons het vandag vaarwel gesê aan jou liggaam: daar was ligte, daar was liefde, ʼn traan en lieflike gelag. Seun, jou ‘magic’ was sterk.”

Hy het verder gesê Kieran se storie het mense diep geraak. “Dit bly een van sy vele talente: om mense se harte oop te maak. Kieran ons is lief vir jou en omhels jou kragtige energie wat nog tussen ons beweeg… Wat ‘n seën is jy nie vir ons.”

Lees ook:
Waldemar Schultz se seun vandag ter ruste gelê
Bekendes treur saam met Waldemar Schultz en Ira oor seun se dood
Oud-7de Laan-akteur se seun sterf ná val

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

LILLY DE BEER ·

Wat kan mens se behalwe dat God alleen julle kan troos in die tyd en daai berusting gee. Baie sterkte vir julle as gesin in die tyd wat voorle!

Trippie ·

So sal daar daagliks nog “klein” dingetjies / gebaartjies / sê-goedjies opduik, en dis sulke tye wat mens se hart wil breek.

Mooi gestel Lilly de Beer !

Maria Norval ·

Julle het soveel verloor en soveel grasie behou: julle is teen die grond neer gewerp en kyk ons sien julle groei.
Ons weet julle groei is deur gebed.

Julle het ons gewys: Verlies van dit wat ons besit dryf goeie mense tot gebed…

Laat ons toe om julle te vertroos met ‘n dankwoord: Wanneer ons weer onder is, sal julle voorbeeld ons help oorleef. Wanneer ons nie verder kan nie, daal God uit die hoogtes neer en sprei sy vleuels oor ons uit. Sodat ons in die skaduwee van sy teenwoordigheid teendie brandende leed kan skuil.

Dink aan julle in die tyd van leed

amy ·

Ek hoop dat jul gou berusting sal kry, en net die goeie tye sal onthou. Ek dink aan en bid vir julle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.