Waldemar Schultz se seun vandag ter ruste gelê

Waldemar Schultz Foto: Facebook

Waldemar Schultz, oftewel Jan-Hendrik van 7de Laan, en sy vrou Ira Blanckenberg, oftewel Erika Landsberg ook van 7de Laan, se 14-jarige seun, Kieran, word vandag veras.

Maroela Media het Saterdag berig Kieran is dood nadat hy van ʼn uitkykpunt in Hermanus gegly en geval het. Lees meer hier.

Albert Maritz, akteur en regisseur van die dramaproduksie Stander waarin Schultz die hoofrol vertolk, het Woensdag aan Maroela Media gesê die gesin het ʼn private geslote verassingseremonie verkies en kon nie bekend maak waar die roudiens sou plaasvind nie.

Die verassingsdiens vind in Somerset-Wes, waar die egpaar woon, plaas.

Schultz het Maandag op Twitter geskryf: “Dankie vir die Twitter-woorde. My goue kind is verseker geraak deur die groot reaksie en goeie wense van vriende.”

Lees ook:
Bekendes treur saam met Waldemar Schultz en Ira oor seun se dood
Oud-7de Laan-akteur se seun sterf ná val

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.