Walker-ongeluk: Bestuurder jaag glo

Paul Walker. Foto: Facebook

Paul Walker. Foto: Facebook

Die Porsche waarin die akteur Paul Walker (40) ʼn passasier was, het glo teen nagenoeg 160km/h of meer gery voor dit gebots het en Walker en die bestuurder dood is.

Ondersoekers het bevind dat daar geen meganiese probleme met die 2005 Porsche Carrera GT was toe dit op 30 November teen ʼn boom en ‘n lamppaal gebots het nie. Die pad in Santa Clarita, Kalifornië waar die ongeluk plaasgevind het, het ʼn spoedgrens van 72km/h. Roger Rodas (38), Walker se vriend en finansiële bestuurder, het die motor bestuur. Daar is geen alkohol of dwelms in Walker of Rodas se liggame gevind nie. Volgens ʼn verslag van die lykskouer het albei mans brandwonde aan 100 persent van hul liggame opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ria Maritz ·

Daar is groot waarheid – “SPEED KILLS” !

Dit bly steeds hartseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.