Wallabies deur na halfeindronde ná naelbytstryd

Australië het Suid-Afrika in ʼn naelbytstryd met 11-9 geklop om deur te dring na die halfeindronde van die wêreldbeker.

Die Wallabies het teen rustyd met 8-3 voorgeloop. Die Springbokke het kort voor rustyd hulle eerste punte aangeteken toe Morné Steyn ʼn strafskop deur die pale gestuur het. Steyn het nog ʼn geleentheid gehad om die telling na 8-6 op te stoot voor rustyd maar sy poging is links van die pale verby. Australië het in die 11de minuut van die wedstryd met 5-0 die voortou geneem toe James Horwill oor die doellyn geduik het. James O’Connor het kort hierna die telling na 8-0 opgestoot na Suid-Afrika se Jannie du Plessis gestraf is omdat hy nie op sy voete gebly het in die losgemaal nie.

Die Bokke se Pat Lambie het kort na rustyd oor die doellyn geduik. Hy is egter teruggeroep deur die afrigter, Bryce Lawrence, wat gemeen het Jean de Villiers het die bal vorentoe aangegee. Steyn het in die 55ste minuut van die wedstryd die telling opgestoot na 8-6. Steyn het die Bokke in die 60ste minuut van die wedstryd met ʼn skepskop geslaag om die Bokke met 9-8 te laat voorloop. O’Connor het die Wallabies in die 71ste minuut van die wedstryd weer die voortou laat neem met 11-9 na Victor Matfield gestraf is nadat hy ʼn speler in die lynstaan afgetrek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.