Wallabies eindig derde in wêreldbeker

Australië het derde in vanjaar se wêreldbekertoernooi geëindig toe hy Wallis in die uitspeelstryd met 21 -18 geklop het.

Die Wallabies het teen rustyd met 7-3 voorgeloop nadat die binnesenter, Berrick Barnes, kort voor die fluitjie geblaas het oor die doellyn geduik het. Ben McCalman het Australië se tweede drie aangeteken. Shane Williams het in die tweede heflte vir Wallis punte aangeteken terwyl Leigh Halfpenny in die 81ste minuut van die wedstryd die telling na 21-18 opgestoot het. Australië het egter in die skrums oorheers en ook meer balbesit geniet.

Die eindronde van die toernooi word Sondag tussen Nieu-Zeeland en Frankryk beslis. Die skeidsregter is die Suid-Afrikaner, Craig Joubert.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.