Wallabies se Cooper behaal vinnigste driekuns in WB-geskiedenis teen VSA

Australië het die VSA Vrydag met 67-5 vertrap in hulle Groep C wêreldbekerwedstryd in Wellington.

Die Wallabies se Adam Ashley-Cooper het die vinnigeste driekuns in rugbywêreldbeker geskiedenis aangeteken toe hy in sewe minute, drie keer oor die doellyn geduik het. Australië het teen halftyd met 22-5 voorgeloop en reeds ʼn bonuspunt verdien met hulle vier drieë. Die Wallabies het egter met mening teruggekom in die tweede helfte waar hulle sewe drieë gedruk het. Australië se afrigter het teen die 66ste minuut van die wedstryd al sy plaasvervangers opgestuur. Anthony Faingaa het in die laaste minuut van die wedstryd ʼn besering opgedoen en is met ʼn draagbaar van die veld gedra terwyl die Wallabies die laaste 14 sekondes met 14 spelers op die veld moes speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.