Foto’s: Walvis in Tafelbaai gered

Foto’s: Die departement van omgewingsake

ʼn 15m-lange walvis is Woensdag in Tafelbaai gered nadat dit in toue verstrengel geraak het.

Die SA Whale Disentanglement Network (SAWDN) is ontbied nadat werknemers van Transnet die verstrengelde walvis opgemerk het. “Die toue was om die dier se maag geknooop en was ook om sy stert gekoek,” het Craig Lambinon, ʼn woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

“Die walvis het baie moeg voorgekom wat die indruk skep dat dit al vir ʼn geruime tyd verstrengel was. Dit was in ʼn baie swak toestand,” het hy gesê.

Die toue is op 27 plekke gesny  om dit te probeer verwyder. Die hele tou kon egter nie verwyder word nie, want dit het in die dier se vetweefsel vasgesit.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.