Walvis spoel op rotse uit

Foto: NSRI

ʼn Jong boggelrugwalvis het die naweek op die rotse naby Southbroom, KwaZulu-Natal, uitgespoel.

Volgens Alan Stilwell, van die Port Edward se Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het hulle Saterdag op ʼn oproep reageer dat ʼn walvis op die rotse vasgekeer is.

“NSRI-vrywilligers van Port Edward en personeel van die Natalse Haaieraad het gaan ondersoek instel en die jong walvis dood op die rotse aangetref,” het Stilwell gesê. “Die vrywilligers het tot hoogty gewag en die karkas in die water ingetrek. Hierna het hulle die walvis na die strand geneem waar die nodige owerhede ontbied is om van die karkas ontslae te raak.”

Die oorsaak van die walvis se dood is nog nie bekend nie. Die haaieraad sal monsters  ontleed.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.