Walvishaai spoel op strand uit

Die foto is deur die gebruiker @spike_wavescape op Twitter gelaai.

Branderplankryers het tevergeefs probeer om ʼn drie meter lange walvishaai wat Sondagmiddag by die Soetwater-kampterrein op Kommetjie in die Kaapse Skiereiland uitgespoel het, te red.

ʼn Woordvoerder van rampbestuur in Kaapstad, Wilfred Solomons-Johannes, sê die branderplankryers se poging was te laat en die dier het gevrek. Solomons-Johannes het aan die SABC gesê dat reddingspanne oornag op die toneel gebly het om ‘n nadoodse ondersoek te doen ten einde die oorsaak van dood vas te stel. Die karkas sal na afloop hiervan na ʼn stortingsterrein geneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.