Wapen-skandaal: Kommissie sal voortgaan

Regter Francis Legodi wat Donderdag bedank het.

Die Kommissie van Ondersoek na die multi-miljardrandse wapentransaksie sal voortgaan ten spyte van die bedanking van ‘n kommissaris, het William Baloyi, die kommissie woordvoerder, Vrydag gesê.

“Die ondersoek na die wapentransaksie duur voort en die kommissie is op koers en gaan Maandag voort,” het hy gesê.

Dit is nie bekend of regter Francis Legodi, wat Donderdag uit die kommissie bedank het, vervang gaan word nie.

“Ons sal leiding van die presidensie of die departement van justisie ontvang of Legodi vervang moet word, en of die kommissie met net twee mense voortgaan,” het Baloyi gesê.

Legodi en regter Hendrick Musi is aangestel om die kommissie se voorsitter, regter Willie Seriti, by te staan om beweringe van bedrog en korrupsie wat verband hou met die omstrede wapenskandaal te ondersoek. President Jacob Zuma het in 2011 die kommissie aangestel. Publieke verhore is geskeduleer om op 5 Augustus in Pretoria te begin. Voormalige president Thabo Mbeki en minister Trevor Manuel is onder meer geskeduleer om te getuig.

Lees ook:
Wapen-skandaal: Regter bedank

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Seg Net ·

Zuma gaan sorg dat dit uitgestel word tot na die verkiesing. Hou hierdie spasie dop.

Magda Grobler ·

Stem saam Seg, zuma weet presies hoe om sy dik lippe sole om te sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.