Wapen-skandaal: Ondersoek uitgestel

Gripen-vegvliegtuie wat aangekoop is.

Die Kommissie van Ondersoek na die multi-miljoenrandse wapentransaksie is Maandag tot 19 Augustus uitgestel.

Die openbare verhoor van die ondersoek het vandag om 10:00 in Pretoria begin, maar prokureurs van die departement van verdediging het vir ‘n twee weke uitstel gevra. Hulle wil glo eers toegang bekom tot geklassifiseerde dokumente wat vir die verhore benodig sou word.

Regter Willie Seriti, die voorsitter van die kommissie, het gesê hy beskou dit as ʼn billike versoek.

Seriti het die prosedures begin deur ʼn kort agtergrond voor te hou oor hoe die kommissie opgestel is en getuies gekies is.

Daar is ook kommer uitgespreek of die kommissie met slegs twee regters kan voortgaan nadat regter Francis Legodi verlede Donderdag uit die kommissie bedank het. Seriti het gesê president Jacob Zuma sal daaroor moet besluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.