Wapen-skandaal: Zuma volstaan met kommissie

Pres. Jacob Zuma

President Jacob Zuma gaan nie regter Francis Legodi vervang nadat hy verlede week uit die Kommissie van Ondersoek na die multi-miljoenrandse wapentransaksie bedank het nie.

Die presidensie het Dinsdag in ʼn verklaring gesê Zuma het weer oor die kommissie besin en dit gaan voortaan net uit regter Willie Seriti as voorsitter, en regter Thekiso Musi as kommissielid bestaan. “Die president bly vol vertroue dat die kommissie hul werk suksesvol sal voltooi,” lui die verklaring.

Die Kommissie van Ondersoek se openbare verhoor sou Maandag begin, maar is tot 19 Augustus uitgestel sodat prokureurs van die departement van verdediging eers toegang kon bekom tot geklassifiseerde dokumente wat vir die verhore benodig word.

Lees ook:
Nuuskommentaar: Wapen-skandaal onder loep
Wapen-skandaal: Ondersoek uitgestel
Wapen-skandaal: Kommissie sal voortgaan
Wapen-skandaal: Regter bedank

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stoere Boer ·

Hahaha nog seker net sy maatjies wat kans sien om voort te gaan. Hy is seker bang as hy nog een aanstel dan sien hy ook hoe word dinge toegesmeer en begin dalk praat

Flash ·

Mens wonder of wolf sy skaapwagters goed gekies het, mede wolwe?
As die komissie regstellende aksie atlete is hoef ons nie asem op te hou vir die ontbloting van die skandaal nie. Hulle sal ons net nog R50 miljoen kos en geen werklike skuldige sal aan die pen ry nie, miskien een of twee wat as ‘token sacrifices’ die val vat. Die vet katte slaap rustig. Die ANC is vlekkeloos skoon.

Seg Net ·

Zuma gaan hierdie saak uitrek en uitstel tot na die verkiesing. Hy weet wat sy aandeel is en indien hy voor die verkiesing van bedrog aangekla gaan word sal dit sy kanse benadeel. Hierdie saak kan hom sink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.