Wapenondersoek hoor Gripens en Hawks oortref alle verwagtinge

Gripen-vegvliegtuie

Gripen-vegvliegtuie

Die Seriti-kommissie van ondersoek oor beweerde korrupsie na die multi-miljardrandse wapentransaksie in 1999 duur Woensdag voort in Pretoria.

Brig.gen. John Bayne, direkteur van gevegsisteme sal verder getuig. Hy het Dinsdag aan die kommissie gesê dat die Gripen- en Hawk-vegvliegtuie wat tydens die transaksie aangeskaf is, alle verwagtinge oortref het. “Die tegnologies gevorderde vliegtuie het die SA Lugmag se opleidings- en nasionale verdedigingsvermoëns ʼn hupstoot gegee,” het hy gesê.

Bayne sê die Hawk- en Gripenvegvliegtuie word goed aangewend in Suid-Afrika se sekuriteitsomgewing en -vereistes.

“Die Hawk het bewys dat hy oor ʼn kostedoeltreffende, kollaterale operasionele vaardigheid beskik, veral wanneer hy saam met die Gripen verpak word. In vergelyking met die land se vorige vegvliegtuie het die Gripen oor die algemeen ʼn voorsprong weens sy nagvisievermoëns,” het Bayne getuig.

Pres. Jacob Zuma het die kommissie in 2011, met regter Willie Seriti as sy voorsitter, aangestel om beweerde korrupsie in die wapentransaksie te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Helizna Kilian ·

Niemand se ons het nie wapens nodig nie, die probleem is by die betaling, of het ek dit nou verkeerd?

JAVR ·

Dit help veel ons het die die vaartuie en GEEN petrol om dit te gebruik nie! Gaan ons die vyand vir ‘n toer vat en sê ons gaan jou mo@r toe skiet as jy moeilikheid soek?

JAVR ·

Dis omdat ek so verlig is dat swartgatlap nie regtig bestaan nie!!! Wens ek kan daai Segnet in die hande kry want ek het laat gisteraand nog gedink hoe ek hom om ‘n mooi manier gaan sleg sê vandag…..ek was sooooo gerev!

Erich Goosen ·

Hierdie klomp vliegtuie staan bekend as ‘n ‘static display’.

JAVR ·

√ Dis darem so in die KOL!!!!! Sien ek het hulle ook vaartuie genoem want dit vlieg nie!

piet ·

JA HULLE HET ALLES, MAAR KORT GELD VIR BRANDSTOF EN GEEN VLIEENIERS

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.