Wapens, ammunisie in veld gekry

Argieffoto

Argieffoto

Vuurwapens en ammunisie is in ʼn veld buite Naboomspruit, Limpopo gevind.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê Telkom-werkers het Vrydagaand ʼn foutiewe telefoonlyn reggemaak toe hulle op die wapens en ammunisie afgekom en die polisie ontbied het. Die polisie het op ʼn R1-aanvalsgeweer, ʼn 9mm-pistool, vier rewolwers, vyf rookgranate en 935 rondes ammunisie vir onder meer AK47-aanvalsgewere beslag gelê. Mulaudzi sê die wapens is vir forensiese ondersoek geneem. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

H J Bester ·

As die wapens van Russiese- of Oosblok-afkoms is, is dit hoogs waarskynlik daar gelaat deur eertydse krygers van die ANC.

hennie ·

Daardie wapens en ammunusie is beslis nie lank gelede daar gelaat nie….dit lyk meer onlangs en dat daar iets beplan word en lyk ook meer asof dit uit die oosblok afkomstig is…

Jasper ·

Stem saam. Die goed lyk so half “Made in China”
So ietsie van alles.
Wonder waar is die res van die hoofbesending ?

Huisvrou ·

Die foto is ‘n argieffoto – wat beteken dit het niks met die berig te doen nie.

Hier word soos elke ander plek in die land geroof en gemoor, soms meer soms minder. Volgens Rapport se beriggewing die vyfde gevaarlikste plek in Limpopo t.o.v. diefstal en roof. Daarvoor is wapens en ammunisie wat elders geroof is, nodig…

Somerset Morkel ·

Die intelligensievlak van ons polisie is fantasties. Hulle maak dadelik ewe triomfantelik die fonds bekend – in plaas daarvan om stil te bly, ‘rumours’ te laat loop… en ‘n lokval te reel.. As hulle die goed weer begrawe saam met ‘n sensor, het hulle die ouens gou-gou.

H J Bester ·

Somerset Morkel, jy’s korrek, die werkwyse bevat nie in alle gevalle die finesse of kunstigheid om stelselmatig en berekenend op te tree ten einde maksimum resultate te behaal. Is hierdie optrede die gebrek aan ervaring of sommer net ongeërgde en onverantwoordelike optrede.

Ek sê dit so half met die tong in die kies, maar die Suid-Afrikaanse Owerhede het nog baie te leer om doeltreffend en suksesvol op te tree.

wragtig ·

My kommentaar is verwyder so ek probeer weer. Ek wonder maar net wat of wie wou hulle weer beroof of vermoor het.

Billy Cox ·

Militia – Daar gelaat vir plaas besetting….? Net n idea…….

Wimpie ·

Die mense is baie meer intelligent as ek om te kan uitken dat van die ammunisie spesifiek vir AK’s is!!! Onnosele ek sou nou weer gedink het dis vir die R1 (wat saam met dit begrawe was) wat dieselfde kaliber is as die AK….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.