Wapenskandaal: Eerste getuies eindelik ingeroep

Gripen-vegvliegtuie wat aangekoop is.

Die eerste getuies van die Seriti Kommissie van Ondersoek na die omstrede wapentransaksie van multimiljarde rande wat meer as ʼn dekade gelede plaasgevind het, getuig vandag in Pretoria.

Dit eerste fase van die openbare verhore skop vandag af, vier maande ná dit veronderstel was om te begin. Verskeie regeringsdepartemente en ondernemings, waaronder prominente Suid-Afrikaanse politici, gaan tydens dié fase voorleggings doen.

Vlootbeamptes van die departement van verdediging en militêre veterane sal na verwagting eerste getuig.

Die kommissie het amptelik Maandag afgeskop met Tayob Aboobaker, getuienisleier, en Ramagaga Matshego wat hul verklarings afgelê het oor die kommissie se vordering.

Gedurende die eerste fase sal die departement van verdediging, Krygkor en die nasionale tesourie voorleggings doen oor die beweegredes agter die wapentransaksie.

Die Suid-Afrikaanse vloot, SA Lugmag en Krygkor sal aan die kommissie ʼn verduideliking moet verskaf oor die gebruik (of gebrek aan gebruik) van die toerusting.

Die openbare verhore van die kommissie moes op 5 Augustus afgeskop het, maar is uitgestel om die nodige hoogs geheime dokumentasie vir die ondersoek te bekom. Die bedanking van een van die regters van die ondersoek, Fancis Legodi, het ook vertragings veroorsaak. President Jacob Zuma het gesê die kommissie moet voortgaan met slegs twee regters, die hoof Willie Seriti en Thekiso Musi.

Lees ook:
Wapen-skandaal: Zuma volstaan met kommissie
Nuuskommentaar: Wapen-skandaal onder loep
Wapen-skandaal: Ondersoek uitgestel
Wapen-skandaal: Kommissie sal voortgaan
Wapen-skandaal: Regter bedank

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.