Wapentransaksie-kommissie sal getuies kan dagvaar

Die minister van justisie, Jeff Radebe. Foto: GCIS

Die minister van justisie, Jeff Radebe, het Donderdag bekendgemaak dat die kommissie van ondersoek na die wapentransaksie by magte sal wees om getuies te dagvaar.

Radebe sê die kommissie sal by magte wees om enigiemand, insluitend lede van die uitvoerende gesag, te dagvaar. Hy sê die kommissie, wat deur drie regters gelei word, sal ook in staat wees om deursoeking en beslaglegging te doen en getuienis te dwing om vrae te antwoord. Radebe sê ʼn gebrek aan samewerking is strafbaar met ʼn boete of tronkstraf. Die kommissie sal na verwagting binne die volgende twee jaar sy ondersoek afhandel. Die kommissie sal ʼn finale verslag aan president Jacob Zuma oorhandig met aanbevelings oor of daar regstappe teen enigiemand aanhangig behoort gemaak te word, kontrakte gekanselleer moet word en of finansiële verliese aan die staat verhaal moet word. Radebe sê die finale verslag sal openbaar gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.