Warmste jaar ooit in Australië

Argieffoto

Argieffoto

Verlede jaar was die warmste jaar in Australië sedert opnames in 1910 begin het, het die weerburo in dié land Vrydag gesê.

Die gemiddelde temperatuur was ongeveer 1.2 grade hoër as die langtermyn gemiddeld van 21.8 grade Celsius.

Statistiek van die buro van meteorologie het aangedui dat elke deel van Australië bogemiddelde temperature in 2013 beleef het. Sedert 2001 was slegs 2011 koeler as gemiddeld.

“Die afgelope jaar is gekenmerk deur aanhoudende en wydverspreide warm temperature,” het die buro in sy jaarlikse klimaatsverklaring gesê. “Beide maksimum en minimum temperature was bogemiddeld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.