Was Jesus dalk getroud?

Foto: AP

Die debat oor of Jesus getroud was, en selfs kinders gehad het, sal na verwagting weer opvlam nadat ‘n Amerikaanse navorser dié week tydens ‘n kongres ‘n antieke stukkie papirus getoon het wat glo die woorde bevat waarin Jesus na sy eggenote verwys. Die bewoording is in antieke Egiptiese Kopties geskryf.

Toetse op die ink gaan onder meer gedoen word om meer te wete te kom of die stukkie papirus, kwalik so groot soos ‘n visitekaartjie, outentiek is. Dit is uit ‘n privaat versameling afkomstig, en dateer glo uit die 4de eeu na Christus.

Prof. Karen King van die Harvard Divinity School in Cambridge, Massachusetts, het by die kongres in Rome gesê die dokument, indien dit eg is, bewys nie dat Jesus wel getroud was nie, maar bloot dat sommige vroeë Christene geglo het dat Jesus wél getroud was.

Volgens King het die kerk se standpunt dat Jesus nooit getroud was nie, in ongeveer die jaar 200 na Christus ontstaan het toe die teoloog, bekend as Clement van Alexandrië, gesê het Jesus was nooit getroud nie.

King se ontleding is geskeduleer om in Januarie volgende jaar in die Harvard Theological Review gepubliseer te word. ‘n Konsep is reeds op die Harvard Divinity School se webwerf geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Geen kommentaar

Dirk J. Coetzee ·

Die arme mense kan hulle baie beter besig hou tot voordeel van die mensdom. Hulle hoef maar net gereeld “boeke te vat”. Dan sal hulle weet dat JESUS nooit getroud was nie. Waarom sou die vier evangelieskrywers só ‘n belangrike feit wegsteek?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.