Wat die SABC nie mag sê oor Zuma

Foto: GCIS

Die SABC se waarnemende nuushoof, Jimi Matthews, het sy nuuskantoor opdrag gegee om voortaan nie sekere terme te gebruik wanneer hulle na president Jacob Zuma se tuiste in Nkandla verwys nie.

TimesLive berig dat Matthews opdrag gegee het aan nuuspersoneel om nie na Zuma se tuiste in Nkandla te verwys as ʼn “compound” of ʼn “homestead” nie. Matthews het ook aan verslaggewers gesê om nie terme soos “Zumaville” en “Nkandlagate” te gebruik nie. Juli Killian, waarnemende hoofsweep van Cope, het dit gister in die parlement bekendgemaak toe sy ʼn e-pos wat Matthews gestuur het in die Nasionale Vergadering gelees het. Kilian het gesê die e-pos is ‘n aanduiding van “betreurenswaardige politieke sensuur” en ‘n “direkte aanval op die vryheid van uitdrukking en die redaksionele onafhanklikheid van die SABC”. Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SABC, wou nie kommentaar lewer nie en sê die e-pos is deel van interne kommunikasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.