“Waterdig”-slenter vang iPhone-gebruikers

waterdig iphone slenterʼn Slenter wat die ronde doen dat iPhones waterdig kan word indien gebruikers hul fone se programmatuur opgradeer na iOS7, het veroorsaak dat talle iPhone-gebruikers hul selfone gebreek het.

The Independent berig die slenter het op sosiale media begin versprei en iemand het naderhand selfs ʼn ‘advertensie’ gemaak. Volgens dié advertensie bevat iOS7 ʼn “slim skakel” wat outomaties sal verseker dat die foon se “delikate stroombaan” nie vernietig kan word indien water bespeur word nie. Die misleidende advertensie lyk baie soos Apple se amptelike bemarking.

Van die gebruikers wat die advertensie geglo het, het hul fone opgradeer en in water gedompel om die funksie te toets, net om later uit te vind dat hulle hul duur toestel gebreek het.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jasper ·

Ek weet nie veel van stroombane af nie, maar ek glo n blinde aap kan met n stok voel dit is nie moontlik nie.

akram ·

hahahaahhah , goeie ene daai. So as ek n rooi fiets het, en ek verf hom blou, en dit reen, gaan ek droog bly. mense kan so maklik in n blik gedruk word. Enige foefie sal baie glo.

Amy ·

Slim slenter die!!! Eintlik lekker snaaks. Iemand hier by die werk het my vanoggend die-wetter in gemaak, (‘n snotkoppie natuurlik), en nou kon ek weer lag. Dankie dankie!!!

Vas Vat ·

Jaaaa, met grysheid kom wysheid.Daar is n ou Afrikaanse gesegde, as jy dom is, moet jy…julle weet wat.

Vas Vat ·

Nou maar toe…Kom ons probeer weer Maroela, en kyk of julle hierdie ook gaan verwyder.Met grysheid kom wysheid.As jy dom is, moet jy voel.

Vas Vat ·

Obenbaar die skuldige moderator by Maroela, verwyder eers kommentaar, en dan word dit weer geplaas ????????????????????????????????????????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.