Waterkloof-2 moet vandag terug tronk toe

Gert van Schalkwyk (links) en Reinach Tiedt (regs) Foto: SAPA

Gert van Schalkwyk (links) en Reinach Tiedt (regs) Foto: SAPA

Reinach Tiedt en Gert van Schalkwyk, twee van die sogenaamde Waterkloof-4, het tot vandag tot 12:00 tyd om by die Zonderwater-gevangenis naby Cullinan, Pretoria, aan te meld om hul tronkstrafvonnis te hervat.

Die hooggeregshof in Pretoria het verlede week beslis dat die twee weer moet teruggaan tronk toe.

Die hof het bevind dat Tiedt en Van Schalkwyk nie meer onder korrektiewe toesig mag bly nie. ʼn Pretoriase landdros het Tiedt en Van Schalkwyk se vonnisse in Desember 2011 in korrektiewe toesig omskep, maar dit is hersien.

Lees ook:
Waterkloof-2 moet terug tronk toe
Twee van Waterkloof-4 gaan appelleer
Twee van Waterkloof-vier moet terug tronk toe
Minister: ‘Waterkloof twee kan nie teruggaan tronk toe nie’
Paroolraad geskors oor vrylating van twee van Waterkloof-vier
Hof verwerp appélaansoek oor twee van “Waterkloof-vier”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Skuldig of nie. Wat het van die Regstelsel in ons land geword ? n Sirkus met n klomp hofnarre. Geen wonder almal maak net wat hulle wil nie. Sou iemand van n ander rasgroep dieselfde behandel word ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.