Waterkloof-2 voor paroolraad

Skermskoot uit die YouTube-video

Skermskoot uit die YouTube-video

Twee van die sogenaamde Waterkloof-4 het Vrydag voor die paroolraad verskyn, hangende ʼn hersiening van hul parool.

“Die besluit sal voor volgende week Vrydag geneem word, waarna ʼn persverklaring uitgereik sal word,” het Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, gesê. “Die ondersoek na die rol van korrektiewe beamptes in die Waterkloof-2 is nog nie afgehandel nie.”

Hy sê ʼn verklaring sal op ʼn gepaste tyd uitgereik word weens die sensitiwiteit en erns van die saak.

Veroordeelde moordenaars Frikkie du Preez en Christoff Becker is Sondag, vier dae nadat hulle op parool vrygelaat is, weer in hegtenis geneem. ʼn Video, wat glo met ʼn selfoon geneem is, is op YouTube gelaai van die twee wat na bewering alkohol en ʼn selfoon in ʼn tronksel by die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria gebruik.

Bekker, Du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt is verlede Dinsdag vrygelaat nadat hulle ʼn hawelose man in 2001 doodgeslaan het.

Die departement het Woensdag gesê Du Preez en Becker sal in aanhouding bly totdat die paroolraad ʼn besluit geneem het. Sibusiso Ndebele, minister van korrektiewe dienste, het Woensdag gewaarsku dat “anargie” nie by korrektiewe sentra geduld sal word nie. “Enige beampte of oortreder wat hieraan skuldig bevind word, sal vervolg word,” het Ndebele gesê. -SAPA

Lees ook:
Waterkloof-2 moet nog sit
Waterkloof-bewaarders gewaarsku
Facebook aan die gons oor twee van Waterkloof-4 wat weer agter tralies sit
Twee van Waterkloof-4 sal 72 uur aangehou word
Twee van Waterkloof-4 weer agter tralies
Video’s: Twee van Waterkloof-4 hou glo partytjie in tronk
Video: Waterkloof-4 op parool vrygelaat
Waterkloof-4 vrygelaat

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.