Die sogenaamde Waterkloof-4 gaan in Februarie op parool vrygelaat word.
“Wetgewing vereis dat ʼn oortreder vir parool oorweeg kan word sodra die persoon 50% van sy tronkstraf uitgedien het, op voorwaarde dat hulle hul interne korrektiewe programme voltooi en hulself nie aan wangedrag skuldig maak nie,” het Manelisi Wolela, die woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, Donderdag gesê.
Die departement het Donderdag bekend gemaak dat Reinach Tiedt, Gert van Schalkwyk, Christoff Becker en Frikkie du Preez op 11 Februarie vrygelaat gaan word.
Hulle is in Januarie 2007 tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle ʼn man in ʼn park in Pretoria doodgeslaan het.
Wolela het gesê die vier gedra hulle goed en het hul interne korrektiewe program voltooi.
“Ons het baie streng paroolvoorwaardes. Enige afwyking van dié voorwaardes kan daartoe lei dat hul parool herroep word,” het hy gesê. – SAPA
Ek is so bly ter wille van hulle ouers. 4 Mooi seuns wat n duur les geleer het.
Ek is so bly ter wille van hulle ouers. 4 Mooi seuns wat n duur les geleer het.
Ek is ook bly hulle word een van die dae vrygelaat. En daarby hoop ek hulle het hulle les geleer. Alle voorspoed vir die toekoms ouens!!!
Dis n pitty ai wat word van ons wereld.
Die manne sou in vandag se tyd nie eers tronk toe gegaan het nie omdat die gesag van die dag ook nou links en regs burgers uit moor. Net bly hulle is vry. Geniet die koue bier.