Waterkloof 4: hof moet nou besluit

Gert van Schalkwyk

Reinach Tiedt

Die prokureur vir twee van die sogenaamde Waterkloof-vier sê die hof moet nou ʼn besluit neem oor die lot van die twee wat vrygelaat is, berig EWN.

Die departement van korrektiewe dienste het in Desember ʼn appèl ingedien teen die twee se vrylating. Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt se 12-jaar tronkstraf vir moord is in Desember 2011 na huisarres verander op ʼn aanbeveling van die Zonderwater-tronk se paroolraad. Korrektiewe dienste het gesê hulle was verbaas dat die paar se prokureur nog nie reageer het nie, maar die departement se Zacharia Modise wou nie verder kommentaar lewer nie. “Die saak is sub judice. Ons het dokumente ingedien, en as hulle nie voel dit is nodig om te reageer nie, is dit hulle eie saak.” Die departement het ʼn interne ondersoek van stapel gestuur na die paroolraad se besluit om Van Schalkwyk en Tiedt onder korrektiewe dienste se toesig vry te laat. Die twee en hul medebeskuldigdes is in 2008 skuldig bevind dat hulle ʼn hawelose man vermoor en ʼn ander aangerand het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.