Waterkloof-bewaarders gewaarsku

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Sibusiso Ndebele, minister van korrektiewe dienste, het Dinsdag gesê enige beampte wat moontlik twee van die sogenaamde Waterkloof-4 met ʼn selpartytjie gehelp het, sal gestraf word.

“Anargie by enige korrektiewe sentrum sal nie geduld word nie, en enige beampte of oortreder wat aan só ʼn misdryf skuldig bevind word, sal vervolg word,” het Ndebele in ʼn verklaring gesê.

Meer as 171 beamptes van die departement van korrektiewe dienste is sedert 2009 afgedank, gedemoveer of geskors vir misdrywe wat met korrupsie en bedrog verband hou.

Veroordeelde moordenaars Frikkie du Preez en Christoff Becker is Sondag weer in hegtenis geneem, vier dae nadat hulle op parool vrygelaat is. Hulle het glo alkohol in die tronk in gesmokkel en ʼn partytjie gehou in een van die selle by die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria. Selfoonbeeldmateriaal van die partytjie is op YouTube gelaai.

Bekker, Du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt is Dinsdag vrygelaat nadat hulle ʼn hawelose man in 2001 in Pretoria doodgeslaan het.

Manelisi Wolela, woordvoerder van korrektiewe dienste, het gesê die jongste inligting oor die ondersoek na die tronkpartytjie sal Woensdag beskikbaar wees. Hy het Sondag gesê die video sal ondersoek word, die twee gevangenes sal ondervra word, en beamptes wat daardie dag aan diens was, sal ook ondervra word. -SAPA

Lees ook:
Facebook aan die gons oor twee van Waterkloof-4 wat weer agter tralies sit
Twee van Waterkloof-4 sal 72 uur aangehou word
Twee van Waterkloof-4 weer agter tralies
Video’s: Twee van Waterkloof-4 hou glo partytjie in tronk
Video: Waterkloof-4 op parool vrygelaat
Waterkloof-4 vrygelaat

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

boerevolk ·

Hou die arrogante moordenaars agter tralies. Hulle maak n bespotting van DKD. Wat maak hulle so besonders as ander prisoniere. Trek terug hulle borg en laat hulle hulle volle vonnis vir moord uitdien. Buite gaan hulle net swaarder lewe. Straf ook die personeel of diegene wat die videos gemaak het en vir hulle drank ingebring het.

Henrietta Klaasing ·

Sou graag aan die einde van die proses die strawwe wou sien: Ligte tikkies op die vingers vir die bewaarders en jarrrre lank terug tronktoe vir die twee?? Indien dit so gaan wees, gaan die verrotting net verder voortgaan.

Marthie van Vuuren ·

Ek was jare lank betrokke by sekere gevangenisse met Christelike uitreiking ens.

Ek het self gesien en gehoor hoe maklik bewaarders omgekoop word om drank,
verdowingsmiddels ens in te smokkel in die gevangenisse – hulle verskoning was
altyd “Ek moet my salaris op een of ander manier aanvul!”

Daar is baie streng “reels” oor wat deur besoekers aan gevangenes gegee mag word,
maar koop die bewaarder om – met net ‘n paar Rand of sy eie bottel drank – en jy kan
inhandig presies dit wat teen die reels is, jy kan dit selfs tydens besoeke aan sekere
gevangenes gee – afhangende van wie op diens is !!

Theresa ·

Arrogante klein twits soos diè twee hoort agter tralies. Die bewaarders moet waai en die Hoof van die Gevangenis wat nie weet wat by sy tronk aangaan nie. Hoe de hel doen hy sy werk? Dis hoogtyd dat dinge reg geruk word. Belastingbetalers se geld gaan vir ‘n lekker jol in die tronk. Sit asb mense in poste wat weet wat om hul aangaan en wat hul werk kan doen soos dit hoort.

Slim daan ·

Smaak ek raak permanent gekonstipeer as ek lees gesaghebbende staatsamptenare word ” gedemoveer ” as hul vir korrupsie of bedrogverwante uitgelig of gevang word.
Werklik soos om n kankergewas te verwyder en net daarna weer in die pasient terug te plaas. Dit maak eenvoudig net nie sin nie !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.